Persoonlike versekering
Landbou versekering
Kommersiele versekering
Finansiële beplanning
Oesversekering
Mediese versekering
Begrafnispolisse
Reisversekering

Strategiese Doelwit

Die effektiewe beskerming van die welvaart van ons kliënte deur 'n aanbod van unieke, gediversifiseerde produkte en dienste, asook die skep van waarde vir ons aandeelhouers deur die effektiewe bestuur van hulpbronne en die verskaffing van innoverende oplossings.

Kernwaardes

Betroubaarheid

Ons verstaan die belangrikheid van betroubare diens en die handhawing van 'n reputasie van betroubaarheid, wat dan ook die rede is waarom kliente telkens na ons toe terugkom. Ons is verbind daartoe om besigheid op 'n eerlike en etiese wyse te doen ten einde 'n vertrouensverhouding met ons kliente te bou.

Geloofwaardigheid

Ons gevestigde kliëntebasis is die bewys van ons verbintenis tot die vertroue van ons kliënte. Ons doen besigheid met gevestigde name in die bedryf en het toegang tot 'n wye reeks produkte. Ons bied die ondersteuning van 'n diensvennoot met 'n geloofwaardige reputasie.

Persoonlike Diens

Ons dienslewering en beskikbare produkreeks word geskoei op die individuele behoeftes van elke kliënt. Ons ag die instandhouding van ons kliëntebasis as baie belangrik en heg waarde aan die wederkerige lojaliteit en ondersteuning wat dit tot gevolg het.

Kundigheid

Ons spesialis werknemers werk hard om die beste moontlike diens te lewer aan ons landbou-, kommersiële en persoonlike kliënte. Ons het ervare spesialiste vir: korttermynversekering, oesversekering, finansiële beplanning, krediet-lewensversekering, mediese fondse en begrafnispolisse.


Benodig u meer inligting?

Versoek 'n kwotasie of stuur vir ons u besonderhede en ons sal u kontak.


CertiSure Makelaars © 2024 Alle regte voorbehou.
Gemagtigde Finansiële Diensteverskaffer.
Tel: +27 18 464 7494 | [email protected]